Akademie & Prestasies 

Top 10 Akademie vir 3de Kwartaal 2017


Graad 4

  1. Chanica Sutherland - 96.7%
  2. Hannes Radley
  3. Ilne Grobler
  4. Monrie Terblanché
  5. Pieter Eksteen
  6. Johan Ferreira
  7. Riekert van Rooyen
  8. Owami Xaba
  9. Aphiwe Tshabangu
  10. Izané Joubert


Graad 5

  1. Jasmyn Archer - 92.8%
  2. Erin Symons
  3. Andrea Gloube
  4. Aphiwe Nhleko
  5. Sihle Nkambule 
  6. Bonita van der Westhuizen
  7. Elmoné van der Merwe
  8. Amy Gelderblom
  9. Karabo Mahlasela


Graad 6

  1. Marli Wolmarans - 91.6%
  2. Constant Do O'Faustino
  3. Lisha Vienings
  4. Carla Taljaard
  5. Alexia Iacovou
  6. Tokollo Moloto
  7. Luanri Fuhri
  8. Cobus Swart
  9. Sumé Strydom
  10. Junior Mudau


Graad 7

  1. Charné Fourie - 92.2%
  2. Tamryn Archer
  3. Antonie Vrettas
  4. Asanda Radebe
  5. Otsile Molefe
  6. Kyla Ernst
  7. Duané Kapp
  8. Leé-Chelle Basson
  9. Zinhle Mabena
  10. Hloni Teatea

Wiskunde is haar forté


Hierdie Kalie kan nie anders as om mens trots te maak nie.  Charné Fourie, 'n Graad 7-leerder, het weggestap met R 1000-prysgeld toe sy aangewys is as die Top-Wiskunde-leerder in die Lekwa East distrik vir 2017.  'n Spreekwoord deur Paul Halmos sê:  "The only way to learn mathematics is to do mathematics."  Knap gedaan Charné!



Kalies Personeel presteer

 

Die volgende vier personeellede het behoorlik die akademiese-toekennings ingeryg in 2016/17.  Mev. T. Botma is nie net 'n vrou, ma en fantastiese onderwyser wat die pos van waarnemende hoof volstaan nie, maar het ook nou haar Honneursgraad in die sak.  Knapgedaan!  Kalies is baie trots op hierdie uitmuntende prestasie.  Vir die volle berig, besoek die Standerton Advertiser se webtuiste hier:
http://standertonadvertiser.co.za/53348/waarnemende-hoof-van-laerskool-kalie-de-haas-spog-met-honneursgraad/


Mev. Leana Boshoff, ’n oud-Kalie en ook ’n studente-onderwyseres van Laerskool Kalie de Haas is op die 30ste Mei vereer met lidmaatskap tot die Golden Key Honour Society by die Universiteit van Potchefstroom.  Die Golden Key Honour Society is 'n 36 jaar oue tradisie en een van die wêreld se grootste organisasies vir verering van goeie akademiese prestasies.  Slegs studente wat onder die top 15% van die Universiteit se akademiese prestasies val, kan in aanmerking kom vir hierdie toekenning.  Mev. Boshoff het haar eerste jaar as B.Ed Grondslagfase student afgesluit met ’n totaal van 12 onderskeidings. Ons wens haar net die beste toe vir die toekoms!  

 

Mev. Jana Prinsloo & Mnr. Wian Prinsloo, albei studente werksaam by Laerskool Kalie de Haas, het op 21 Januarie toekennings ontvang vanaf Ozisweni vir beste akademiese prestasies van alle deeltydse studente wat beurse ontvang vanaf Ozisweni. Ozisweni Education & Development Trust is 'n afdeling van Sasol wat beurse voorsien aan onderwysstudente. Mev. Prinsloo het vir 'n opeenvolgende jaar 'n 1ste plek behaal met 8 onderskeidings uit 10 vakke vir 2016. Mnr. Prinsloo het 'n 2de plek behaal met 7 onderskeidings vir sy 10 vakke tydens 2016. 

 

 

Baie geluk aan hierdie vier Kalie-onnies! Mag jul toekoms blink wees in die onderwys.

 

 








Akademie kan ook vetpret wees!

Kalies se Graad 1-leerders het groot pret gehad met hul klei visse wat hul tydens Lewensvaardigheid moes maak.  











Graad 3-leerders beproef die Michelangelo tegniek om onder hul tafels te moet teken en inkleur.  Nie net het dit gesorg vir groot pret nie, maar ook vir bietjie oefening van hul fyn  en groot motoriese vaardighede. 

 





Ons Graad 7-leerders het bietjie NW-eksperimente met basisse en sure gedoen.  Dit was nie net leersaam nie maar ook groot pret.  

 





Kalies se naskool is TOPS!

Hier word daar nie net gespeel en kinders opgepas nie... Nee, hier word daar hard gewerk en geleer met bekwame hulp en leiding.  

Sou jy belangstel skakel gerus vir Juf. Bettie Vermaak:  082 775 1423 vir meer inligting.