Sport- & kultuursterre 

Kalie Klets Redenaars 2018

Op 12 Februarie het Kalies se redenaars behoorlik gekekkel tydens die eerste redenaarskompetisie van die jaar.  Die volgende redenaars het ten volle standpunt ingeneem en die gehoor aan hul voete gehad, en is daarom as Kalies se TOP redenaars vereer.  




Junior Afrikaans:

  1. Bianca Janse van Vuuren
  2. Karlie Breytenbach
  3. Anneke Gelderblom

Senior Engels:

  1. Amo Mollo

Senior Afrikaans:

  1. Somenique Els
  2. Marli Wolmarans
  3. Constant Do O'Faustino


Landsdieners dien 

Kalies se LANDSDIENERS het op 16 Februarie kruise gemaak met die oog op die maand van liefde.  Hul word hiermee herinner aan die liefde van hul Skepper.  Hierdie is een van die VIER LIEFDES waaroor ons Landsdieners leer.  

 









As jou kind wil betrokke raak en ook graag deel wil wees van hierdie span doelgerigte kinders, is u meer as welkom om die jaarlikse fooie van R 130.00 te betaal by die kantoor en aan te meld by Juf. Mary-Ann Viviers.  Landsdiens geskied elke tweede Vrydagmiddag - tensy anders vermeld.  

So waarvoor staan die Landsdiensbeweging?

Missie:

Landsdiens is 'n omgewingsgerigte jeugbeweging.  Dit streef daarna om die jeug vaardig te maak in die hantering en bewaring van die omgewing in sy totaliteit.   Om dié doel te bereik word van opvoedkundige omgewingsgerigte aktiwiteite en tegnieke gebruik gemaak.  


Visie:

Om 'n ware Landsdiener te wees (die omgee, betrokke wees en doen, wat omgewingskwessies in totaliteit betref), so te ontsluit dat dit toeganklik sal wees en lewenswyse sal word van elke inwoner van Suid-Afrika.  Sodoende werk Landsdiens omgewingsopheffing en gepaardgaande landstrots en verskilmakende burgerskap in die land.  


Mpumalanga Hokkiespan 2018

 

 

Solis vir Christus Semi-finaliste 

Tamryn Archer & Rudi Botha is op die 26ste Oktober 2017 gekies om aan die Semi-Finaal van Solis vir Christus te gaan deelneem.  Die Semi-Finaal vind eersdaags - 24 Maart 2018 - plaas in Pretoria.  Ons is baie trots op hierdie twee goue stemme van Kalies!









Kultuurfees (Eisteddfod) 2017

Ons leerders het aan die kultuurfees deelgeneem en uitsonderlik presteer.  Die A-simbole was behoorlik ingeryg.  Ons is baie trots op elke leerder wat die vrymoedigheid gehad het om hul voordrag voor 'n paneel te lewer en ook hul pragtigste kunswerke kon lewer.  

 

 

 

 

Radikale Redenaars doen uitstekend

 

 

 

Uitblinkers op sportgebied - Mei 2017

 

 

 

Karate:

Reghardt Burger (Graad 4) en Amy-Lee van Wyk (Graad 3) het onderskeidelik pragtige prestasies verower in hul karate.  Regardt het ’n 6de plek in Kumite, 8ste plek in Kata en ook ’n 3de plek in Team Kata.  Amy-Lee wat deelgeneem het aan die "International Kanazawa Cup Karate Competition" het ’n 2de plek vir Kata en kumitee in die 0/9 meisies verower.  Sy het ook haar Nasionale klere ontvang.  

Hokkie:                                                           

Jaco Booysen en Kaylin Ross het gaan hokkie speel vir die Mpumalanga-span.  Die seuns het 2de geëindig met hul wedstryd.

Skaak:
Hierdie leerders gaan die Mpumalanga-span verteenwoordig met hul skaak.  Van links na regs:  Junior Madau, Jasmyn Archer, Duncan Cloete, Marli Wolmarans, Tamryn Archer, Lisha Vienings en Lee-Chelle Basson.  Baie geluk en sterkte aan elkeen van hulle.  

Rugby:                                                             

MC Roux (Graad 7-leerder) was gekies om te gaan uitspeel vir die 0/13 Puma-rugbyspan.  Dit het plaasgevind op die 5de en 6de Mei.  Ons hou styf duimvas vir MC.  


Sport & Kultuur Foto-argief